Posts Tagged ‘Energy Fines’
Eskom: Price hike a ‘watershed’
Johannesburg – Nersa’s decision to grant Eskom a 27.5 percent tariff increase is a “watershed” moment, the power utility said in Midrand on Thursday.
“It is bold, courageous and it’s very responsible,” said Eskom chief executive Jacob Maroga.
Maroga said the decision gave a clear message about where the energy regulator believed tariffs should go in the future.
In particular the regulator’s acknowledgement, if current assumptions remained, that a 20% to 25% tariff increase could be on the cards in the next three years was welcomed by Maroga.
On not getting the requested 53% increase, Maroga said: “It’s not about a single number”.
What was more important was to see that the regulator could be flexible and proactive about variations in the situation.
Eskom would be spending R343 billion over the next five years and about R1.3 trillion by 2025 in capital expansion programmes, said Maroga.
- Sapa
Groot boetes kom as jy nie nou krag bespaar!
Groot boetes kom as jy nie nou krag bespaar
BEELD – Dec 15 2008 08:58:37:790PM
Verbruikers kan in die toekoms boetes van tot R9 per eenheid elektrisiteit betaal as hulle nie krag bespaar nie.
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het verlede week voorlopige reëls gepubliseer waarvolgens verbruikers beboet kan word. Luidens dié dokument is aanvraagkantbestuur die enigste manier om die “situasie te stabiliseer en die risiko van ontwrigtende beurtkrag te voorkom”.
Om dié rede het die nasionale elektrisiteitreaksiespan ’n kragbesparingprogram saamgestel wat ’n gemiddelde energiebesparing van 10% met boetes gaan probeer afdwing. ie voorlopige reëls bepaal September 2006 tot Oktober 2007 is die basistydperk. Verbruikers gaan beboet word as hulle nie ’n sekere persentasie minder as die gemiddelde kragverbruik in die basistydperk gebruik nie. Me. Nelisiwe Magubane, adjunk-direkteur-generaal van minerale en energie, sê dié boetes gaan van einde volgende jaar stelselmatig in verskillende sektore bekend gestel word.
“Ons gaan eers op die sowat 150 groot kliënte fokus, soos die myne, nywerhede en die kommersiële sektor,” het sy gister aan Beeld gesê.
Magubane sê huishoudings staan laaste in die tou om boetes te begin betaal en gaan waarskynlik eers in die middel van 2011 deel van die stelsel word. Verskillende sektore gaan verskillende besparingteikens hê om die gemiddelde besparingteiken van 10% te bereik. Dié verskillende besparingteikens is nog nie vasgestel nie.
Magubane sê die gewildste voorstel vir besparing is:
- mynwese en landbou 8%;
- kommersieel en residensieel 20%; en
- geboue van die regering en staatsentiteite 25%.
Hoe minder hulle daarin slaag om genoeg te bespaar, hoe groter is die boetes (sien kassie).
Volgens Magubane gaan in ag geneem word dat sommige maatskappye se produksie “seisoenaal” is en dat hulle dus byvoorbeeld in Junie baie meer krag gebruik as in Januarie. Die hoeveelheid krag wat maandeliks gebruik mag word, gaan vir elk van die groot verbruikers individueel bepaal word volgens hul behoeftes.
Magubane erken dit gaan moeilik wees om dié boetes by huishoudings in werking te stel.
Een van die probleme is onder meer dat meterlesings nie op presies dieselfde dag elke maand geneem word nie. “Ons het munisipaliteite gevra om solank daarna te kyk,” het sy gesê.
Die reëls maak voorsiening vir aanpassings aan die gemiddelde kragverbruik in die basistydperk. Moontlike redes vir aanpassings sluit in:
- beurtkrag in die basistydperk;
- as die kliënt op Eskom se versoek sy verbruik in die basistydperk verminder het;
- foutiewe meterlesings wat in die basistydperk laer elektrisiteitsverbruik getoon het as wat werklik die geval was; en
- as die eiendom van eienaar verwissel het sedert Oktober 2006.
Die reël-dokument is beskikbaar by www.nersa.org.za. Lede van die publiek kan tot 23 Januarie volgende jaar kommentaar lewer.
Die voorgestelde boetes.
Die boetes is in drie kategorieë verdeel:
Die Kontrolegroep
- Die boete is R2,80/kWh. Verbruikers wat ’n toegelate maksimumaanvraag van meer as 1 megavolt-ampère het en 1% te veel krag gebruik, betaal dié boete.
- Verbruikers wat ’n toegelate maksimumaanvraag van 1 megavolt-ampère of minder het en 2,5% te veel krag gebruik, gaan ook dié boete betaal.
Die Hindernisgroep
- Die boete is R4,50/kWh. As die kragverbruik meer is as wat in die kontrolegroep genoem word, maar nie meer as 10% te veel is nie, betaal verbruikers dié boete.
Die Strafgroep
- Die boete is R9,00/kWh en gaan gehef word as die kragverbruik meer as 10% te veel is.
Aldi Schoeman (Beeld)